Vers 1: Ek sien jou oë vang my elke keer Jy sê niks, maar jou kyk sê meer Die manier hoe jy net daar staan Gooi my gedagtes in ’n ander wentelbaan Kom ’n bietjie nader, bly net hier Ek voel die vibe, op ’n lekker manier Net nog ’n kyk en ek verstaan Dis asof jy weet wat in my kop aangaan Chorus: Want jy is ’n vibe, kom sit langs my Ek wil my hand teen jou been laat afgly Want jy is ’n vibe, kom sit by my Ons gaan die hele aand oor die dansvloer gly Vers 2: Die musiek speel en jy trek my in Hier is waar die lekker begin Die ligte dans so sag op jou En ek kan voel hoe jou arms om my vou Jy raak my arm, ek hou net vas Jy trek my nader, ek los my pas Die tyd gaan so vinnig verby Ek wil net die hele aand in die oomblik bly Chorus: Want jy is ’n vibe, kom sit langs my Ek wil my hand teen jou been laat afgly Want jy is ’n vibe, kom sit by my Ons gaan die hele aand oor die dansvloer gly Vers 3: Hier gaan dit lekker raak Die dansvloer begin onder ons voete kraak In jou favorite T-shirt wil ek wakker word Ek wil saam met jou dans in die stort Saam met jou wil ek saans die son sien sak ’n Nuwe lewe saam met jou aanpak