[Intro] -bring, bring jou stukkende goedjies, my lief -bring dit alles net vir my -kom sit jou alleen wees op die werksbank van my hart -leun jou kop teen my bors en gee vir my jou smart [chorus] -nooit weer is jy alleen -permanent vir my geleen, -staan toegevou in my jas -waar my liefde jou pas [verse 1] -bring jou stukkende goedjies, -vir deur getrapte skoene,sny ek nuwe sole en -rose uit die tuin, vir jou met baie soene -met tang, draad en 'n stukkie leer, -bind ek die lekkende seer, -waar trane swart strepies oor jou wange smeer [chorus] -nooit weer is jy alleen -permanent vir my geleen, -staan toegevou in my jas -waar my liefde jou pas [verse 2] -bring jou stukkende goedjies,... -ek hammer 'n spyker in, waar jy portrette, van ons kinders hang -en klop jou hart se duike uit, gister se vrese, en vandag, se bang -met verf het ek 'n nuwe kleur aan die huis gegee -en die vaal streep van jou kommer weg gevee -takke gesaag sodat daar meer lig kan wees. -vir jou om in die sonkamer jou boek te lees [chorus] -nooit weer is jy alleen -permanent vir my geleen, -staan toegevou in my jas -waar my liefde jou pas [verse 3] -in die donker spasies van jou hart -het jy my toegelaat om aan te vat -die legkaart van jou lewe het ek op te tel, met al sy stukkies -jy het gekom en my heel gemaak met jou lief en drukkies [outro] bring,...bring jou stukkende, goedjies ek maak dit reg, bring, dit alles net vir my, ...my lief alles is nou weer reg, alles is nou weer reg, die spoke in die gang ook weg... alles is nou, weer reg alles is nou weer reg.