Song Cover Image

Hier (BOZÉ COVER)

Hier hier is die berge so stil Hier verloor jy jou menslike wil Hier vat emosies jou verder as huil Na die aardsheid wat binne jou skuil Hier hier is die water nog soet Hier het die mense nog tyd om te groet Hier is ‘n plek waar ek kan rus vind In die rustige suis van die wind En ek wens so dat jy hier kon wees Om alles so saam my te deel Om die skepping so te beleef Want hier raak gebrokenheid heel Hier hier is die bome nog groen Hier is dier en natuur versoen Hier vloei die waters waar rus is Wat jou siel weer kan verfris En ek wens so dat jy hier kon wees Om alles so saam my te deel Om die skepping so te beleef Want hier raak gebrokenheid heel En ek wens so dat jy hier kon wees Om alles so saam my te deel Om die skepping so te beleef Want hier raak gebrokenheid heel Hier raak gebrokenheid heel Hier raak my siel weer herstel