
Die wêreld is jou canvas Die wêreld is jou canvas elke dag 'n nuwe prent met kleure wat jy saambring en stories wat jy ken Elke mens wat jy ontmoet elke kans wat oor jou pad kom elke probleem wat voor jou staan is nog 'n plek waar jy kan begin Is jy 'n doemprofeet wat net die donker raaksien? Of is jy 'n kunstenaar wat 'n nuwe kleur kan kies? Want jou prentjie hang af van wat jy in jou hart ronddra jou emosies is die verf jou gedagtes die kwas Die wêreld is jou canvas wat gaan jy vandag daarop verf? Gaan jy die storms net teken of ontwerp jy 'n pad daar deur? Elke mens, elke geleentheid elke probleem wat jy kry kan jy teken soos dit voel of 'n oplossing daarby ontwerp Positive vibes maak die mooiste prente hoop gee kleur aan grys en selfs wanneer die dag skeef loop kan jy iets nuuts daaruit maak Maar soms slip daar 'n donkey toneel deur en alles lyk deurmekaar die verf spat oor die hele doek en niks lyk soos beplan Maar dis okay want die lewe is nie net maanskyn en rose nie ons gaan deur storms ons kry soms reën op ons eie prentjie Maar onthou... Moenie dat jou storm op iemand anders se reality reën nie. Jy mag 'n slegte dag hê jy mag soms moeg en moedeloos wees maar probeer om nie jou donker wolke oor iemand anders se son te trek nie Want elkeen het 'n canvas elkeen het 'n storie en dalk is iemand vandag besig om net 'n bietjie hoop te probeer verf So kies jou kleure met liefde hou jou kwas met wysheid vas en wanneer die prentjie nie perfek is nie onthou... Jy is nog besig om te skep Die wêreld is jou canvas elke dag 'n nuwe kans jy kan nie altyd die weer verander nie maar jy kan kies wat jy daarmee verf En môre... Môre kry jy weer 'n nuwe doek.

